DIE GRAAD DOKTOR IN DIE WYSBEGEERTE (PhD),
HONORIS CAUSA,
aan Edwin de la Harpe Hertzog,
as visioenêre Suid-Afrikaanse medikus en sakeman, vir sy waardevolle
en volgehoue bydrae tot die bestendiging en verhoging in die gehalte van
gesondheidsorg in Suid-Afrika en in die buiteland, en as uitsonderlike
leier en weldoener vir sy ondersteuning aan die Universiteit.
Edwin Hertzog was die pionier van privaat hospitale in Suid-Afrika
se gesondheidsvoorsieningstelsel toe openbare gesondheids –
dienste se gehalte aan die agteruitgaan was. Sy loopbaan was egter
meer as blote winsbejag en die behartiging van aandeelhouers se
belange. Hy gee om vir breër gemeenskapsbelange, veral in hoër
onderwys.
Hy is aan die Universiteit Stellenbosch as mediese dokter op –
gelei, het as Rhodes-beurshouer by Oxford en Dundee gestu deer
en die gesogte Oxford Blue vir gholf verwerf. Hy het as narkotiseur
gepraktiseer voordat hy in 1982 op uitnodiging van dr Anton
Rupert toegetree het tot die Rembrandt Groep (nou Remgro) om
as uitvoerende voorsitter Mediclinic te laat groei tot die sesde
grootste genoteerde privaat hospitaalmaatskappy ter wêreld.
As Raadslid was hy onder meer intens betrokke by inisiatiewe
om die Universiteit te transformeer en groter diversiteit onder
personeel en studente teweeg te bring. Sy eie asook maatskappy –
bronne is grootskaals vir Universiteitsprojekte aangewend.
Edwin Hertzog het hom onderskei as visioenêre ondernemer,
uiters suksesvolle sakeleier, asook opvoedkundige en gemeen –
skaps leier van formaat. Hy het beduidend bygedra tot verbeterde
privaat gesondheidsorg en tot die transformasie en diversifisering
van die kulturele, leer- en onderriglandskap aan die Universiteit
Stellenbosch.

Keyword: Suksesvolle Entrepreneurs In Suid Afrika, Suksesvolle Entrepreneurs In Suid Afrika, Suksesvolle Entrepreneurs In Suid Afrika

Có thể bạn quan tâm:

Comments

  1. Sinako Mxabo

    Hertzog failed inclusivity dismally. Mediclinic is made up of 83% white and 17% Muslims with not a single black person in the entire 10 board membership. How can Russell says he is champion of inclusivity? We must first see inclusivity at Mediclinic

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *