Die wêreld is besig om te verander . Soms is hierdie veranderinge skaars sigbaar.
Soms is dit baie groot!

Ons kan hierdie veranderinge nie keer nie.
Gister het ons nog gedink ons is onmisbaar…ons kennis sal ons altyd dra…
Vandag besef ons dit is nie meer moontlik nie.

Ons kennis raak verouderd, dit raak te algemeen…dit raak te min.
Môre sal die Grotes nie meer die Kleintjies oorheers nie.

Binnekort sal die Vinnigstes weer die Stadiges verbysteek…
….tot nou toe het ons vir hulle gewag…
Dink maar wat gebeur in die natuur…vergelyk dit met die oop vlaktes in Afrika.

Dis hier waar die Springbok elke oggend opstaan.
Hy besef hy sal vandag vinniger as die vinnigste leeu moet hardloop anders is hy ontbyt.
Elke oggend in Afrika word ‘n leeu wakker…
Hy besef hy sal vinniger moet hardloop as die stadigste Springbok op die vlakte anders vrek hy van die honger.

Dit maak nie saak of jy ‘n leeu of springbok is nie.
Dit maak nie saak of jy ‘n lekker werk het of ‘n gevestigde besigheid het nie.
Wanneer die son more oggend opkom beter jy hardloop…

Dit is vir hierdie redes dat 6 gewone mense jare gelede bymekaar gekom en die Suid-Afrikaanse Kamer vir Entrepreneurs begin het.
Daarna het hulle die “Dare-to-Learn” (Waag-Om-Te-Leer?) program ontwikkel.

Studente van die “Dare to Learn” (Waag-Om-Te-Leer?) program is altyd in beheer. Hulle spesiale kennis en parktiese ondervinding onderskei hulle van die res.
Die wêreld soek na, en vertrou op, sterk mense soos hulle om nuwe ontdekkings te maak.

Dit is noodsaaklik dat nuwe besighede deur hulle gevestig word.
Dit is noodsaaklik dat nuwe grense deur hulle oorsteek (oorskry?) word
En ja, dit is noodsaaklik dat alle gemeenskappe hierdeur bemagtig kan word..

DIT IS WAT ONS DOEN

As JY wil, kan JY dit ook doen – JY kan ook ‘n verskil maak
Dit is hoekom ons nooit sal ophou om nuwe maniere te vind om mense, soos JY, se lewens te verbeter nie…
….en ons doen dit sodat elkeen in ons land ‘n nuwe toekoms kan hê.

Ons sien die groter prentjie… die wêreld kan maar om ons verander… ons is gereed… ons weet nou wat om te doen om by te bly.

DIT is waarom innovasie en kreatiwiteit vandag so belangrik is.
DIT is waarom al hoe meer mense in ons land dit sal moet “Waag-om-te-leer”

HIER IS PRESIES WAT ONS DOEN

Ons help gewone mense om uit te styg bo ander…
Ons wys hulle hoe om finansieel suksesvol te wees – hoe om ander by hulle sukses te betrek – en hoe om gemeenskappe te bevorder en nuwe bande te smee.

Nie alles wat ons aanpak sal altyd perfek wees nie – nie elke besigheid sal altyd suksesvol wees nie
Ons vaardighede en kennis sal getoets en beproef word, net tyd sal leer, maar aan die einde sal ons wen, ons moet wen, ons het nie ‘n keuse nie.

Ons leef in ‘n wêreld wat honger is vir oplossings: ja…dis maklik om terug te sit en niks te doen nie

MAAR DIT IS NIE WIE ONS IS NIE

Net soos die land op ons vertrou om nuwe studente op te lei, om die uitdagings van môre volstoom aan te durf met nuwe kennis, so vertrou ons op jou om ten minste een student vir een jaar met ‘n studiebeurs te borg……

Vandag, meer as ooit tevore, het die wêreld ‘n nuwe geslag Entrepreneurs nodig…. jong mense wat anders dink… jong mense wat GROOT dink! Kom ons help hulle, kom ons doen saam die regte dink….

Kan jy jouself voorstel wat ons kan bereik… as ons almal saam werk en GROOT begin dink?

Keyword: Suksesvolle Entrepreneurs In Suid Afrika, Suksesvolle Entrepreneurs In Suid Afrika, Suksesvolle Entrepreneurs In Suid Afrika

Có thể bạn quan tâm:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *