Meer as 500 000 mense sterf jaarliks wêreldwyd weens onbehandelde drinkwater. Dit kom basies neer op vier kinders wat elke 90 sekondes sterf. 21 babas is verlede jaar in Bloemhof weens onbehandelde drinkwater gehospitaliseer, terwyl drie babas daaraan gesterf het. 12 babas is ook in Sannieshof aan dieselfde oorsaak oorlede.

Elkeen van ons is op skoon drinkwater geregtig.

AfriForum meen dat gevalle soos dié wat in Bloemhof plaasgevind het, voorkom kon word indien die departement van waterwese sy Blou- en Groendruppelverslae aan die publiek bekend gemaak het. Die departement van waterwese weier volstrek om sy verslae aan die publiek bekend te maak, aangesien dit die departement sowel as die onderskeie munisipaliteite in ʼn swak lig gaan plaas.

Om die gesondheid van ʼn dorp en sy inwoners te verseker, moet almal van ons rakende die kwaliteit van ons drinkwater ingelig word. By AfriForum kan ons egter nie die risiko neem om nié ons mense se waterkwaliteit te monitor nie.

Is dit nie rede genoeg vir ons almal om saam te staan en self die kwaliteit van ons water te toets nie? Met behulp van AfriForum se Blou- en Groendruppelprojek kan ons dit doen. “Die Bloudruppelprojek toets die kwaliteit van jou dorp se drinkwater en die Groendruppelprojek toets die kwaliteit van rioolwater in jou dorp,” aldus Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum.

Die burgerregte-organisasie het deur die loop van verlede jaar 107 dorpe se waterkwaliteit getoets, waarvan 11 dorpe se water nie op standaard was nie. Deur die regte stappe te neem, kon ons die gemeenskappe vroegtydig waarsku, skoon water aan ons mense voorsien, munisipaliteite aanvat en die dorpe wat geraak word se water binne 24 uur weer op standaard kry. Meer as 240 000 mense se gesondheid is danksy iets so eenvoudig soos tydige watertoetse verbeter.

In Maart is die fokus daarop om die stand van water kwaliteit te toets. Daar is dorpe waar die proses reeds begin is. Jou ondersteuning gee ons die mandaat om jou dorp te prioritiseer.

AfriForum het 500 mense se mandaat nodig om ‘n dorp se drinkwater as prioriteit te toets. SMS jou dorp se naam, gevolg deur jou naam na 45344. R1/SMS

Keyword: Oorsake Van Werkloosheid In Suid Afrika 2017, Oorsake Van Werkloosheid In Suid Afrika 2017, Oorsake Van Werkloosheid In Suid Afrika 2017

Có thể bạn quan tâm:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *