Onder ANC is daar nie kleinsake-ontwikkeling nie, eerder kleinsake-vernietiging:

Onder ANC is daar nie kleinsake-ontwikkeling in Suid-Afrika nie, eerder kleinsake-vernietiging. Die land se redding is entrepreneurs wat ten spyte van al die struikelblokke wat die regering in hul pad plaas, steeds suksesvol is.

Die regering kon nie daarin slaag om die eenvoudigste hulpmiddels in plek te plaas om die ekonomie te stimuleer nie.

Die ANC spog oor enkele suksesverhale wat klein- en mediumgroot-ondernemings aanbetref, maar hy swyg oor die duisende wat weens sy eie onbevoegdheid ten gronde is. Geen onderneming kan slaag sonder basiese dienslewering nie.

Voeg daarby burokratiese struikelblokke en onbevoegde amptenare wat veroorsaak dat daar soms langer as ‘n jaar op dokumentasie of ‘n gesondheidsinspekteur gewag moet word. Selfs om ‘n voertuiglisensie te bekom kan al ‘n uitgereikte proses wees.

Die departement het geen bestaansreg nie en sy befondsing kan eerder na infrastruktuur herlei word om seker te maak bestaande ondernemings het krag en water. So erg is hierdie probleme dat ‘n dorp soos Bethal in Mpumalanga te midde van beurtkrag ook sy eie beurtkrag instel weens wanbetaling aan Eskom.

Op sommige Vrystaatse dorpe is daar vir langer as drie jaar nie gereelde watervoorsiening nie. Swak paaie maak die vervoer van produkte moeilik. Dit is onmoontlik vir kleiner ondernemings om in sulke omstandighede te oorleef.

Dit het ‘n direkte impak op sekerheid en die vertroue van beleggers, net soos die onsekerheid wat daar tans oor eiendomsreg heers. Die departement het ondernemings totaal in die steek gelaat tydens die Covid-19-pandemie en die omstandighede wat die inperkingsmaatreëls geskep het.

Die regering praat van plaaslike belang wat sake aanbetref, maar stel self die teenoorgestelde voorbeeld met staatsdepartemente en -ondernemings wat nie plaaslik aankoop nie. Ministers se voertuie is ‘n goeie voorbeeld hiervan.

Dit is dalk nie moeilik om vir ‘n sake-lisensie aansoek te doen nie, maar alles wat daarmee gepaard gaan, maak die proses haas onbegonne.

Swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA) het misluk. Dit het swart ondernemings en die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap in die steek gelaat. Slegs ‘n handjievol uitverkorenes het daarby baat gevind.

Daar moet weggedoen word met RA en SEB. Prioriteit moet geskenk word aan infrastruktuur en basiese dienslewering. Die ANC sal dit egter nie doen nie en daarom moet Suid-Afrikaners in Oktober vanjaar hul stem gebruik om veranderinge teweeg te bring om die ekonomie weer aan die gang te kry tot voordeel van almal in die land.

Keyword: Ontwikkeling Van Die Self In Die Samelewing, Ontwikkeling Van Die Self In Die Samelewing, Ontwikkeling Van Die Self In Die Samelewing

Có thể bạn quan tâm:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *