Henk Bouwman, professor by Noordwes Universiteit (Potchefstroom-kampus), is ‘n natuurwetenskaplike. Hy en mede-navorser Carina Verster werk op die gebied van besoedeling en die nadelige uitwerking op menslike gesondheid en die seelewe, soos koraal, visse en ander organismes wat op die seebodem lewe.

Met aangrypende foto’s van sleepnette met verstrengelde seelewe, strande met plastiekbottels, vislyn en sigaretaanstekers, buisligte (wat kwik bevat), rubberplakkies en polistireen toon die navorsers aan hoe die gesondheid van marinelewe toenemend bedreig word. Groeiende plastiekeilande in die Stille en Atlantiese oseane en soortgelyke kolke wat ook in die Indiese-oseaan vorm, vertoon van bo soos ‘n kleurespektakel. Maar dit is slegs die oortjies van die spreekwoordelike seekoei…

Wat Suid-Afrika betref, word ‘n beraamde hoeveelheid plastiek van tussen 14 000 en 64 000 ton jaarliks in die oseaan gestort. Neem in ag dat die halfleeftyd van ‘n plastiekbottel 400 jaar is en ‘n mens besef hoe erg die probleem is. Grafieke van rekenaarprojeksies toon ‘n eksponensiële toename vanaf 2010 tot 2025 en waarskynlik selfs meer in die jare wat daarop volg.

Natuurlik moet die nut van plastiek in ag geneem word, asook die gesofistikeerde produkte, die omvang van die plastieknywerheid en werksverskaffing. Die hantering, verbruik en hersirkulering van plastiek moet egter oordeelkundig wees. Die gevaar lê hoofsaaklik in die toksiese effekte van byvoegings, die uitgerekte afbreekproses, nadelige effekte van plastiekstof, die groot hoeveelheid olie wat in die vervaardigingsproses gebruik word (tot 10% van totale olieproduksie) en gevolglike skade aan die osoonlaag en aardverwarming.

Carina Verster, wat op mikro- en nanoplastiek konsentreer, verwys na talle navorsingsgroepe en organisasies (soos Plastics SA, Petco, African Marine Waste Network en die SABS) wat saamwerk om waardevolle inligting aan verbruikers te voorsien. Daar is reeds ‘n ‘Plastic Pact’ wat die industrie en ander rolspelers betrek om die impak van plastiek op die omgewing te beperk.

Keyword: Nie Regerings Organisasies In Suid Afrika, Nie Regerings Organisasies In Suid Afrika, Nie Regerings Organisasies In Suid Afrika

Có thể bạn quan tâm:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *