Wat is selfbesikking?
Die reg op selfbeskikking het betrekking op menseregte, grondgebied en die eienskappe van state. Om die beginsels van selfbeskikking beter te verstaan word daar onderskei tussen eksterne en interne variante:

Interne selfbeskikking verwys na die reg van elke volk om ’n eie regeringsvorm te kies. Dit kom neer op verskillende vlakke van outonomie binne dieselfde eenheidstaat waarvan ‘n volk deel vorm.

Eksterne selfbeskikking verwys na die reg van elke volk om te kies onder watter soewereiniteit die volk wil leef. Dit is wanneer ‘n volk volle onafhanklikheid geniet oor grondgebied waarin die volk ‘n meerderheid is, of waar verskillende volke saam volle onafhanklikheid geniet in ‘n multikulturele nasiestaat. Onafhanklikheid oor grondgebied beteken niks as ander soewereine state dit nie erken nie; slegs as ander soewereine state ‘n nuwe staat se onafhanklikheid erken, geniet die nuwe staat soewereiniteit.

1.1 Selfbeskikking as basiese mensereg
Teen 2013 het die Verenigde Nasies (VN) volke se reg op selfbeskikking soos volg aanvaar:
“The right to self-determination was an integral element of basic human rights and fundamental freedoms, the Third Committee (Social, Humanitarian and Cultural) heard today as it concluded its general discussion on that subject, and on the elimination of racism, racial discrimination, xenophobia and related intolerance” (UN ).
Tydens ’n konferensie van die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO) wat ek in 2013 in Brussel bygewoon het, is die verskillende vlakke van selfbeskikking vir volke soos volg opgesom deur internasionale regsgeleerdes en politieke wetenskaplikes:
1.1.1 Persoonlike selfbeskikking
Dit is die soort selfbeskikking wat vergestalting kry in Suid-Afrika onder die heersende Grondwet en waaronder alle burgers van die staat val – ongeag ras, etniese verwantskap, geslag (of geslagsoriëntasie), of geloof.

Die werk wat AfriForum as burgerregteorganisasie verrig namens Afrikaners en Afrikaanssprekendes ressorteer onder hierdie laagste vlak van selfbeskikking. Afgesien van die onvolhoubaarheid daarvan vir Afrikaners as gevolg van demografiese en verskeie ander faktore, bied hierdie vlak van selfbeskikking selde die nodige beskerming vir minderheidsvolke wat vasgevang sit in multikulturele nasiestate. Dit plaas minderheidsvolke, veral klein minderheidsvolke soos Afrikaners wat tussen miljoene andersdenkendes leef, nie in ’n posisie om op ‘n volhoubare manier hul eie sosiale, kulturele en ekonomiese strewes in groepsverband uit te leef nie, en veral nie om politieke beheer oor hul eie mense uit te oefen nie.

Daar is mense wat aanvoer dat Solidariteit Beweging en sy vertakkinge, soos AfriForum, soos ‘n besigheid met ‘n winsmotief bedryf word en dat die belange van Afrikaners nie die organisasie se hoofdoel is nie. Dit verklaar moontlik die organisasie se negatiewe houding teenoor territoriale selfbeskikking, behalwe dan wat betref die Orania-inisiatief waar senior bestuur van Solidariteit Beweging na bewering geld belê het.

3

Omdat die swart meerderheid se getalle deurslaggewend is in Suid-Afrika, beteken dit ook dat veranderinge aan die Grondwet wat ‘n tweederde meerderheid in die parlement vereis, nie moeilik is om te haal wanneer dit gaan oor swart bevoorregting nie; ‘n meerderheid is ‘n meerderheid – dit bly ‘n meerderheid.
John-Kane Berman van die Institute for Race Relations (IRR) vat die situasie goed raak as hy die volgende beweer ten aansien van die gevolge van transformasie op die ekonomie van die land:

Therefore, while transformation forms part of the ANC’s proclaimed national democratic revolution, the idea enjoys wider support. It has few critics in the media, and few among business leaders. Even such criticisms as are voiced are prefaced with the declaration that “transformation is of course an imperative”, before going on to state that “we need to do a better job with implementation”. It is rare for business leaders to speak as frankly as did Steve Phiri, CEO of Royal Bafokeng Platinum, when he said last year with regard to the mining charter that “you cannot transform at the expense of the downfall of the economy of the country. But this is what is happening.” ( )

Keyword: Menseregte Organisasies In Suid Afrika, Menseregte Organisasies In Suid Afrika, Menseregte Organisasies In Suid Afrika

Có thể bạn quan tâm:

Comments

  1. Pieter de Beer

    Cor, baie dankie vir die uiteensetting hier. Ek hoop diegene wie die konsep ondersteun asook diegene wie die proses as maklik uitvoerbaar verklaar het, het goed geluister. Ek sou egter graag wou weet waarom jy nie hier ook verwys na die 1994 Afrikaner Akkoord vir selfbeskikking, wat onderhandel was tussen die ANC se Thabo Mbeki, destydse Afrikaner Volksfront (Genl Viljoen), saam met Roelf Meyer (NP) met ander hooggeplaaste internasionale getuies, en in die Grondwet ingeskryf is voor die oorhandiging van politieke mag nie. Die ooreenkoms was spesifiek gemik om die gaping te vul wat in Artikel 235 se vae omskrywing gelaat is. Hierdie Akkoord vorm tog 'n baie sterk basis vir selfbeskikking tesame met die internasionale reg van verskeie bronne. Artikel 235 op sy eie beteken nie veel omdat dit basies neerkom op onvoltooide voorsiening vir selfbeskikking. Artikel 231 is meer toepaslik in die internasionale regsverband. Internasionale reg in die Banjul Charter stel ook voor dat alle remediërende stappe tot die uitputting daarvan ("exhausting local remedies"), geneem moet word met die regering voordat so 'n drastiese stap soos bv sessering geneem word. Indien sodanig hanteer en die regering is onwillig tot 'n ooreenkoms, is die rol of invloed van die proses van selfbeskikking nie meer afhanklik van daardie regering nie, maar die internasionale reg en die rolspelers.

  2. Sydney Blake

    Sesering is regtig die enigste oplossing om selfbeskikking te kry. Besoek ulacongress.com om te sien hoe. Enige ander vorm van selfbeskikking is afhanklik van die regering se goedkeuring. Ek kan regtig nie insien dat hierdie ANC regering dit ooit sal goedkeur nie. Aan die ander kant het die ouens by VVA sewe jaar gewerk aan die wetlike aspekte . Hulle is by die VVO geregistreer en het die VVO se waarborg dat dit erken sal word na 'n referendum . Volgens internasionale reg, kan hulle ook UDI indien ons regering dit nie goedkeur nie . Dit sal ook deur VVO erken word. Besoek hulle op FB , hulle webtuiste , telegram, en vele Youtube aanbiedings om te sien hoe ver hulle al gevorder is. Ek kan regtig nie insien hoe enige ander metode kan werk nie.

  3. Cecilia Tjaden

    Dankie vir antwoord.
    Vraag: Orania het die dorpie en grond waarop dit staan gekoop en soos ek verstaan, weer onlangs betaal(met n grondeis)
    Die dorp werk.
    Ek t dit besoek(en wou nie ry) so goed veilig en skoon.

    Nog n vraag: water dele van SA is histories dan die Boer/Blanke volk sin? En HOEKOM. Bv was dit gekoop/verruil van swartes ?
    Baie dankie vir u tyd.
    Gretel
    Celia

  4. CROMAN COLOURED

    Ek Stem Saam. Elke Inheemse Groep, Nes BRUINMENSE IS Afrikaaners 'n Egs Suid Afrikaanse Inheemse Groep, En sodoende Behoort Hulle Sê Reg te Handhaaf Oor hul Eie Volk,Grond en Tradisies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *