AfriForum het ʼn memorandum aan 15 ambassades oorhandig waarin die burgerregte-organisasie versoek dat dié lande druk op die Suid-Afrikaanse regering moet uitoefen om die regte van minderhede te beskerm asook om die plaasmoordkrisis die hoof te bied.
Die memorandum lê spesifiek klem op die optrede van verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse regering verlede week by twee afsonderlike forums wat deur die Verenigde Nasies (VN) gehou is. Tydens die Forum vir Minderheidsaangeleenthede het die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger dáárdie organisasies wat op die prioritisering van plaasmoorde fokus, daarvan beskuldig dat hulle “apartheidsimpatiseerders” is. By ʼn ander forum waartydens daar gestem is oor die rol van kampvegters vir menseregte, het die Suid-Afrikaanse regering téén die resolusie gestem.

Keyword: Menseregte Organisasies In Suid Afrika, Menseregte Organisasies In Suid Afrika, Menseregte Organisasies In Suid Afrika

Có thể bạn quan tâm:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *