Hoog 2:15 Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.
Dit is nogsteeds die bruidegom wat hier praat.
Dit is juis die klein klein issues wat die ondergang veroorsaak, dit is nog ‘n lewensles, die vyand kry ‘n vattrapplek in ons lewe deur die klein klein jakkalsies. Mag ons leer hoe om die klein klein jakkalsies uit te roei.
Manipulasie!! Ek het hierdie hele studie begin met ‘n Goddelikke woede wat ek gehad het oor manipuleerders, narsiste, boelies en Jezebel gees en hier 32 versies in die studie – sien ek werklik die lig – dis hierdie klein, klein jakkalsies wat ons toelaat wat die wingerde verniel. Ons weet hierdie persoon manipuleer ons, maar ons is die peacekeepers so ons laat dit maar verbygaan, ons weet hierdie persoon probeer ons in ‘n blik druk – maar ons laat dit maar toe, want ons sou dit in elk geval gedoen het, en dan later kom hulle nog meer pushy om ons te domineer in iets wat ons eintlik glad nie sou gedoen het nie. So dis ‘n klein jakkalsie, jakkalse maak gate onder die grond, dus die grond is onstabiel, so wanneer jy probeer weg hardloop van die klein jakkalsie val jy in die gate, jy struikel, want jy het te lank toe gelaat dat die persoon orals gate maak onder die grond.
Jesus het ook jakkalse gehad – die Fariseërs en die wetgeleerdes wat Hom gereeld probeer vasvang het, Hy het ELKE keer teen hulle opgestaan en hulle ferm op hulle plek gesit. Mag dit dus ons gebed wees, om die wysheid te hê om hierdie jakkalse totaal en al uit te roei. Dalk was dit die dieper betekenis met die 300 jakkalse wat Simson gevang het en hulle sterte aan die brand gesteek het.
Maar op hierdie geloofsreis moet ons maar nou eens en vir altyd besef ons is Prinsesse, en Prinsesse gaan maak nie jakkalse dood nie, so bid nou vir God om Sy Warrior Engele in te stuur om soos Simson al die jakkalse te gaan vang, hulle sterte vas te bind en aan die brand te steek in al die verhoudings wat ons het. En ons almal sal saamsing:

Keyword: Dis Die Klein Jakkalsies Wat Die Wingerd Verniel, Dis Die Klein Jakkalsies Wat Die Wingerd Verniel, Dis Die Klein Jakkalsies Wat Die Wingerd Verniel

Có thể bạn quan tâm:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *