Die wêreldbevolking staan tans midde-in ‘n krisis. Die COVID-19 pandemie het weereens bewys dat die mens toenemend blootgestel sal word aan ontwrigtende gebeure wat nie noodwendig beheer kan word nie en wat die mensdom se lewe kan en sal verander.

Sommige gebeure sal veroorsaak word deur die natuur, terwyl die mens self verantwoordelik sal wees vir ander gebeure. Ontwrigting is egter nie ‘n nuwe verskynsel nie en die mensdom kan baie leer uit die verlede.

Hierdie praatjie werp ‘n blik op die toekoms deur die volgende te bespreek:
• Die mens se ontwikkeling van jagter-versamelaar na voedselvervaardiger;
• Die afgelope en huidige nywerheidsrevolusies;
• ‘n Definisie vir die toekomstige Era van Ontwrigting en waarskynlike eienskappe daarvan;
• Onmisbare vaardighede wat nuttig sal wees om die uitdagings van Era van Ontwrigting te bowe te kom;
• ‘n Paar opmerkings oor leierskap in die Era van Ontwrigting;
• Die pad vorentoe, praktiese aksies, asook ‘n paar filosofiese gedagtes.

Die praatjie probeer nie om die toekoms te voorspel nie, maar poog wel daarin om die kyker bewus te maak van die tipiese onwrigting wat verwag kan word in die toekoms en hoe om daarop voorbereid te wees.

Keyword: Die Rol Wat Tegnologie In Tieners Se Lewens Speel, Die Rol Wat Tegnologie In Tieners Se Lewens Speel, Die Rol Wat Tegnologie In Tieners Se Lewens Speel

Có thể bạn quan tâm:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *